Trump doen beroep op kongres om SAVE America-wet goed te keur

Loading player...
Die Amerikaanse president Donald Trump het 'n beroep op Republikeine in die kongres gedoen om die SAVE America-wet wat stemvereistes verhoog, goed te keur. Die Huis van Verteenwoordigers het die wet verlede jaar aanvaar. Dit volg nadat die Withuis die president se onlangse versoek om verkiesings te nasionaliseer as onbelangrik afgemaak het. Die perssekretaris van die Withuis, Karoline Leavitt sê president Trump is se hoofdoel met die goedkeuring is om mense wat nie landburgers is nie te verhoed om in verkiesings stem:
6 Feb 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ActionSA brei uit in buurland, in aanloop tot verkiesing

ActionSA sê na dekades onder ANC-leierskap word die belofte van vryheid ondermyn deur gebrekkige dienslewering, toenemende werkloosheid en verswakte instellings. Die party sê hy het doelbewuste stappe gedoen om ʼn geloofwaardige, gestruktureerde alternatief te bou. ActionSA-woordvoerder Boitumelo Molefe sê hulle het die afgelope maande nasionaal uitgebrei met die doel om…
28 Apr 6AM 1 min

Nog klagtes teen Cole Tomas Allen

Die Amerikaanse aanklaer vir die Distrik van Columbia, Jeanine Pirro, het bevestig dat Cole Tomas Allen, verdagte in die skietery by die Withuis-korrespondente-dinee, nog aanklagte in die gesig staar. Die 31-jarige Allen word van drie federale misdade aangekla: poging om die president te vermoor, vervoer van ʼn vuurwapen oor staatsgrense…
28 Apr 6AM 1 min

Harley-eienaars se 7de kussaamtrek word nie naweek gehou

Die sewende Harley Davidson-kussaamtrek begin op 29 April en duur tot 5 Mei, wat Harley-ryers van reg oor Namibië en Suid-Afrika sal trek. Dit begin Woensdag by die Old Wheelers-klub in Windhoek. Donderdag sal die motorfietsryers vertrek na Swakopmund, waar hulle om vieruur by die Dome sal vergader. Vrydag sal…
28 Apr 6AM 1 min

Ekonoom gee voorspelling oor Woensdag se repokoers

Die sentrale bank se monetêre beleidskomitee vergader tans en die repokoers sal môre bekend wees. Kosmos 94.1 Nuus het by Cirrus-ekonoom Oliver Diggle sy voorspelling gekry. Hy verduidelik wat die moontlike uitkoms kan wees en waarom 'n verhoogde repokoers nie noodwendig sin gaan maak nie.
28 Apr 6AM 1 min