Frankryk druk 5 drieë, verslaan Ierland in Sesnasies

Loading player...
Frankryk het hul Sesnasies-titel verdedig met ʼn bonuspuntoorwinning van 36-14 teen Ierland in Parys. Hulle het vyf drieë gedruk. Die voorste 2025-puntemaker, Louis Bielle-Biarrey, het twee gedruk terwyl Matthieu Jalibert, Charles Ollivon en Theo Attissogbe elkeen een bygedra het. Thomas Ramos het vier verdoel en met ʼn strafskop geslaag. Die plaasvervangers, Nick Timoney en Michael Milne, het Ierland se drieë bygedra en Sam Prendergast het albei verdoel. Frankryk se verdedigingsafrigter, Shaun Edwards, sê hulle verdien die sege:
6 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Privaatsektor kredietverlening daal, min aptyt vir skuld

Krediet wat aan die privaatsektor verleen is, het in Mei maandeliks met 0,1 persent gestyg, terwyl die jaarlikse groei tot 4,3 persent gedaal het vanaf 4,8 persent in April. FNB Namibia-ontleder Ndateelela Amukuhu sê hierdie verlangsaming is hoofsaaklik gedryf deur swakker korporatiewe leningsaktiwiteit terwyl huishoudings se aptyt vir skuld ook…
4 Jul 3AM 1 min

Cachalia se teenbende-optrede het misluk, sê DA

Die DA sê waarnemende polisieminister Firoz Cachalia se anti-bendestrategie het misluk, nadat hy erken het geen bendes is tydens die eerste fase van Operasie Prosper ontmantel nie. Volgens die party word gemeenskappe op die Kaapse Vlakte steeds daagliks aan bendegeweld onderwerp ondanks die ontplooiing van polisie en soldate. Lisa Schickerling…
4 Jul 3AM 1 min

SA se kragopwekking daal 9% in Mei

Statistiek Suid-Afrika sê kragopwekking het in Mei met nege-persent gedaal in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar, en elektrisiteit wat beskikbaar is vir verspreiding het met 4,3-persent gedaal. Kragopwekking het maandeliks met 0,6-persent gestyg en verspreiding het met 1,5-persent toegeneem ná die seisoenale aanpassing. Tsholofelo Ditinti van Statistiek SA sê…
4 Jul 2AM 1 min

Alkohol-verwante moleste oorheers Copps 94.1

Dit wil voorkom asof die koue in die hoofstad voornemende kwaaddoeners effe aan bande gelê het, met die Copps 94-span wat Vrydagaand hoofsaaklik te doen gehad het met moleste waarin alkohol 'n rol gespeel het. Daar was ook 'n ongeluk op die Westelike Verbypad waarby twee voertuie betrokke was. Kosmos…
4 Jul 12AM 1 min

Carnilinx, Khan se tabak-konkelary voor Madlanga-kommissie

Die Madlanga-kommissie het bewerings van onregmatige bedrywighede aangehoor waarin die direkteure van die Carnilinx-tabakmaatskappy, Adriano Mazzotti en Mohamed Sayed, die geskorste adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens betrek word. Getuienisleier Adila Hassim het getuienis voorgelê oor ongeregistreerde sigaretvervaardiging, onregmatige toesig oor Inkomstediens-beamptes, kontantbetalings vir vertroulike inligting, en…
4 Jul 12AM 1 min