Agoa-verlenging welkom, maar ander markte moet gekry word

Loading player...
Reaksie word ontvang op die Amerikaanse president, Donald Trump, wat die verlenging van Agoa net tot 31 Desember vanjaar bekragtig het, terugwerkend vanaf 30 September verlede jaar toe dit verval het. Die voorkeurhandelsprogram bied belastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark vir begunstigde lande in Afrika suid van die Sahara en dek meer 1 800 produkte. Dit raak ook Namibiese maatskappye wat voordeel trek. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid Afrikaanse landbou ekonoom dr. Kobus Laubscher gepraat.
5 Feb 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Burundi neem AU-voorsitterskap oor

Burundi het op die Afrika-Unie se 39ste beraad in Addis Abeba, die voorsitterskap vir 2026 oorgeneem. Burundi se president, Évariste Ndayishimiye, volg João Lourenço van Angola op. Ghana se president, John Dramani Mahama, is tot eerste ondervoorsitter verkies. Ndayishimiye het toegewyde diens aan Afrika met sy uiteenlopendheid belowe asook as…
15 Feb 6AM 1 min

Polisie sál regsamptenare beskerm, sê Shikongo

Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, het tydens die gedenkdiens van wyle aanklaer Justine Shiweda die naweek opnuut die belangrikheid van regsamptenare se veiligheid beklemtoon. Shiweda het verlede naweek in ‘n hospitaal in Windhoek beswyk aan wonde wat sy tydens ‘n aanval in Oktober opgedoen het. Shikongo…
15 Feb 4AM 1 min

SA 'diep bekommerd' oor konflik is Afrika, sê Ramaphosa by AU

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is diep bekommerd oor toenemende konflik en onbestendigheid op die vasteland. Ramaphosa het Afrika-leiers by die Afrika-Unie toegespreek en sy verbintenis tot Agenda 2063 herbevestig. Hy bepleit dringende politieke betrokkenheid wat weens ongrondwetlike regeringsveranderings in sekere lande verbied is. Ramaphosa versoek wapenstilstande en inklusiewe dialoog…
15 Feb 4AM 1 min

Deposantewaarborgskema jaar bateteiken van N$100m

Die Namibiese Deposantewaarborgskema (NDGA) het 'n teiken gestel om sy bates onder bestuur teen 2028 tot 100 miljoen Namibiese dollar te laat groei, met die doel om die veiligheidsnet vir bankdeposante te versterk. Die skema, wat gestig is in die nasleep van die 2018 KMO-bankskandaal – wat duisende Namibiërs nie…
15 Feb 3AM 1 min

Bek-en-klou: Drakenstein in Wes-Kaap onder kwarantyn

Die Drakenstein-munisipaliteit is onder veeartsenykundige kwarantyn geplaas ná bevestiging van bek-en-klouseer in die Vlakkeland, Paarl-gebied. Die munisipaliteit se woordvoerder, Ilse Schoombee, sê alle diere met gesplete hoewe word as moontlik besmet beskou en die beweging van vee, voer, toerusting of karkasse is verbode tensy 'n spesiale permit deur 'n staatsveearts…
15 Feb 1AM 1 min