Jeugontwikkelingsfonds: Eerste 30 begunstigdes trek voordeel

Loading player...
Jeugbesighede reg oor Namibië trek steeds voordeel uit 'n beduidende befondsingsinspuiting, met die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds wat tot dusver 'n bykomende 14,9 miljoen Namibiese dollar vir 30 ondernemings in verskeie sektore goedgekeur het. Daar word verwag dat die befondsing 147 werksgeleenthede sal skep. Tot dusver is 28,8 miljoen dollar toegeken, met 257 miljoen dollar wat opsy gesit is vir uitbetaling in die 2025/26 finansiële jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die finansministerie se woordvoerder, Wilson Shikoto gepraat, wat meer inligting gee.
4 Feb 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min