Arsenal kom stappie ander aan eerste trofee sedert 2020

Loading player...
Arsenal is ʼn stap nader aan hul eerste groot trofee sedert 2020 nadat hulle Chelsea in die Carabao-beker-halfeindstryd in totaal met 4-2 geklop het. Met ʼn 3-2 voordeel uit die eerste afdeling, is die Gunners in die tweede afdeling getoets, maar Kai Havertz se doel in beseringstyd het die oorwinning vir Mikel Arteta se span verseker. Arsenal kom in volgende maand se eindstryd op Wembley óf teen Manchester City óf Newcastle te staan. Arteta sê hulle verdien ʼn plek in die eindstryd:
4 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min