Agribank se program vir verligting op agterstallige rekeninge begin

Loading player...
Agribank begin vandag met die implementeringsfase van sy Agterstallige Verligtingsprogram. Die program is oop vir beide voor-wettige en wettige kliënte en bied 'n 100 persent afskrywing van boeterente, mits kwalifiserende kliënte 'n gedeelte van hul agterstallige skuld betaal, ten minste 20 persent vir voor-wettige rekeninge en 25 persent vir wettige rekeninge. Sodra dit betaal is, sal die oorblywende agterstallige skuld afgebaken word sonder dat enige verdere rente gehef word en kan dit oor tot 60 maande terugbetaal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Agribank-woordvoerder Filemon Nangonya gepraat:
2 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min