Beleggerswetsontwerp sal misluk, ook teenstrydig met Grondwet

Loading player...
Die wetsontwerp op beleggingsbevordering in sy bestaande vorm hou verreikende gevolge vir buitelandse én Namibiese beleggers in, waarsku die Namibiese Instituut vir Ekonomiese Beleid. Boonop is die wetsontwerp teenstrydig met die Grondwet, toon ‘n omvattende regsopinie wat die instituut van senior advokaat Raymond Heathcote ingewin en aan die handelsministerie oorhandig het. Met Namibië wat drasties werkloosheid moet verminder en meer geld in die staatskas nodig het, kan die land nie bekostig om beleggers te ontmoedig nie, sê die instituut. Kosmos 94.1 Nuus het met Rowland Brown, medestigter van die instituut, gepraat:
1 Feb 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min