Amerika gaan inmeng by SA verkiesings, sê Malema

Loading player...
Die EFF-leier Julius Malema waarsku Suid-Afrika se komende plaaslike regeringsverkiesing kan inmenging deur die VSA en Westerse moondhede ondervind deur middel van propaganda, befondsing van mededingers, en ontwrigtingstaktiek. Malema het die derde Nasionale Volksvergadering toegespreek en gesê verwagtinge van bestendige verhoudings na Trump is misplaas. Hy het Suid-Afrikaners aangespoor pogings teen linkse leiers af te weer. Hy sê dis belangrik om nasionale soewereiniteit te beskerm en ferm te staan teen eksterne druk:
1 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min