Cosatu sê repokoers moes met 50 basispunte gedaal het

Loading player...
Die vakverbond Cosatu het sy teleurstelling uitgespreek met die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers onveranderd te laat. Die sentrale bank se Monetêre Beleidskomitee het die terugkoopkoers op 6,75-persent gelaat terwyl die prima uitleenkoers 10,25-persent bly. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die uitleenkoers moet met minstens 50 basispunte daal om miljoene werkers wat met stygende lewenskoste sukkel, ʼn blaaskans te gee:
30 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verligting is op pad, al die seine is daar

Verligting kan binnekort in sig wees vir beide Namibiese en Suid-Afrikaanse verbruikers namate bemoedigende ekonomiese seine na vore kom. Die Suid-Afrikaanse rand bly stewig onder die vlak van 16 teenoor die Amerikaanse dollar, terwyl wêreldwye oliepryse na verwagting tot 'n vyfjaar-laagtepunt van 58 Amerikaanse dollar per vat in 2026 sal…
15 Feb 11PM 1 min

NV se inligtingskommissaris moet onafhanklik wees

Die Wet op Toegang tot Inligting kan binnekort 'n werklikheid word. Die parlement werf 'n inligtingskommissaris en adjunk vir die sleutelposte wat implementering vertraag het sedert wyle president Hage Geingob die wet in November 2022 ingestel het. Aansoeke sluit op 6 Maart, met die top-pos wat 'n jaarlikse salaris van…
15 Feb 11PM 1 min

AgriSA waarsku oor sentralisering van BKS-entstof

AgriSA se uitvoerende hoof, Johann Kotzé, sê die huidige bek-en-klouseer-uitbreking is 'n ernstige bedreiging vir biosekerheid en plaas boere onder finansiële druk. Hy verwelkom die rampverklaring, maar beklemtoon die sentralisering van entstowwe moet doeltreffende optrede meebring. Kotzé het dringende korttermynmaatreëls uiteengesit, insluitend om entstowwe uit Argentinië, Turkye en Botswana in…
15 Feb 10PM 1 min

Ahmed sê Afrika-leiers moet werkende soewereiniteit skep

Die Ethiopiese eerste minister, Abiy Ahmed, het tydens die 39ste Afrika-Unie-beraad in Addis Abeba, Afrika-leiers aangespoor om van 'n basiese eenheid na 'n werkende soewereiniteit te beweeg. Ahmed het selfstandigheid, ekonomiese en tegnologiese eienaarskap, sowel as proaktiewe wêreldwye betrokkenheid beklemtoon. Hy het ook verwys na Afrika se behoefte aan 'n…
15 Feb 10PM 1 min

Burundi neem AU-voorsitterskap oor

Burundi het op die Afrika-Unie se 39ste beraad in Addis Abeba, die voorsitterskap vir 2026 oorgeneem. Burundi se president, Évariste Ndayishimiye, volg João Lourenço van Angola op. Ghana se president, John Dramani Mahama, is tot eerste ondervoorsitter verkies. Ndayishimiye het toegewyde diens aan Afrika met sy uiteenlopendheid belowe asook as…
15 Feb 6AM 1 min