Die Suid-Afrikaanse slagoffer van Jeffrey Epstein, Juliette Bryant, het die ontslape veroordeelde seksoortreder as 'n meesterbrein en hoogs manipulerend beskryf. Sy is in 2002 deur Epstein in Kaapstad gewerf as 'n 20-jarige eerstejaar-universiteitstudent en aspirant-model. Sy sê hy het haar verskeie kere tussen 2002 en 2004 op sy privaat eiland…
Die Amerikaanse gesant Steve Witkoff is op pad na Genève vir ‘n tweede ronde samesprekings môre met Iran. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake Marco Rubio sê aan die media dat president Donald Trump diplomasie oor oorlog verkies en verduidelik ook die groot ontplooiing van gewapende magte in die gebied.
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die regering sal die verspreiding van bek-en-klouseer-entstof versnel om die uitbreking te bekamp en biosekerheid te verskerp om vee en boere te beskerm. Die regering sê hy wil die hele nasionale kudde van 14-miljoen inent waarvoor hy ongeveer 28-miljoen entstofdosisse nodig het. Steenhuisen…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Afrika-lande aangespoor om in volhoubare waterbronne en sanitasie te belê. Sy het tydens die 39ste Afrika-Unie-beraad in Addis Abeba beklemtoon dat sanitasie waardigheid, goeie gesondheid en 'n beter lewensgehalte verseker. Die staatshoof waarsku dat waterskaarste migrasie en konflikte aanwakker. Nandi-Ndaitwah het plaaslike weidingsgeskille as voorbeeld genoem…
Ietermagô-dag sal op 19 Februarie in Windhoek gevier word. Die tema is "A Nocturnal Affair: Scaling up Pangolin Conservation". Kaartjies vir die geleentheid kan op Webtickets gekry word. Kosmos 94.1 Nuus het met die stigter en uitvoerende direkteur van die Ietermagôbewaring en -Navorsingstigting, Kelsey Prediger gepraat.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.