SA-likwidasies daal effe in 2025

Loading player...
Statistieke Suid-Afrika sê totale likwidasies het verlede jaar met 1,1-persent gedaal vergeleke met 2024. Maatskappylikwidasies het met 1,8-persent afgeneem en beslote korporasie-likwidasies met 0,3-persent. Tussen Oktober en Desember het likwidasies met 14,5-persent gedaal, maar Onica Mushwana van Statistieke SA sê net in Desember het likwidasies met 11-persent gestyg, met maatskappy-likwidasies wat met 25 gevalle gestyg het, terwyl beslote korporasielikwidasies met 15 gevalle afgeneem het:
29 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Landbou sê daar is nie 'n BKS-uitbreking nie

Die landbouministerie het op aanlyn-gerugte reageer en dit duidelik gestel dat daar geen bek-en-klouseer gevalle in die land is nie, en dat daar dus nie so 'n uitbreking bestaan nie. Dit volg op verwarring onder die publiek nadat Windhoek Gimnasium 'n geval van hand, voet, en mond-siekte in een van…
28 Apr 11PM 1 min

Trump skerts oor sy ma se voorliefde vir Charles

Brittanje se Koning Charles en Amerikaanse president Donald Trump het Dinsdag in die Oval Office ontmoet nadat die koninklikes op die tweede dag van hul Amerikaanse staatsbesoek by die Withuis aangekom het. Trump en presidentsvrou Melania Trump het die monarg en koningin Camilla by 'n seremonie vol prag en praal…
28 Apr 11PM 1 min

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min