Februarie brandstofprys vandag bepaal

Loading player...
Suid-Afrikaners kan verdere brandstofprysverligting in Februarie verwag, met data wat toon dat petrol- en dieselprysverlagings op die kaarte is vir Woensdag, 5 Februarie. Voorspellings vir Namibië is dat brandstofpryse onveranderd kan bly. Brent het intussen met 10 persent die afgelope maand gestyg. Die petroleum ekonoom by die energieministerie, Abednego Ekandjo, sê die kommissie sal vandag sit om pryse vas te stel.
28 Jan 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Simbine Classis ‘n reuse-sukses

Suid-Afrika het die mans en vroue se 4x100-meter aflosse by die eerste Simbine Classic-byeenkoms in Tshwane gewen. Emmanuel Eseme van Kameroen het die Amerikaner, Pjai Austin, geklop toe hy die mans se 100 meter-item in 10,03-sekondes genael het. Akani Simbine is halfpad deur die wedloop beseer en het laaste gekom…
29 Apr 1AM 1 min

Plaaslike malaria-reaksie kry teenstand

Gesondheidminister Esperance Luvindao sê die ministerie verskerp pogings om malaria in geaffekteerde streke te bekamp. Sedert Januarie het Namibië 57 180 bevestigde malariagevalle aangeteken, met die Omusati-streek een van die hardste getrefde gebiede. Landwyd is 3 067 mense in die hospitaal opgeneem, terwyl 61 aan die siekte gesterf het. Luvindao…
29 Apr 1AM 1 min

Weerwaarskuwing vir die Suide

'n Weerwaarskuwing is reg oor Suid-Afrika uitgereik, met hewige donderstorms wat in die binneland verwag word en 'n sterk koue front wat die Wes-Kaap hierdie naweek sal tref. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen swaar reën, oorstromings en skadelike winde in verskeie provinsies. Die Namibiese Meteorologiese Diens het ook inligting vir…
29 Apr 1AM 1 min

Landbou, bosbou, visserye verloor 47,3% van sy werksgeleenthede

Nuwe data toon dat die landbou-, bosbou- en visserysektor 47,2 persent van sy werksgeleenthede tussen 2018 en 2023 verloor het, wat nuwe kommer oor lewensonderhoud laat ontstaan. Robert McGregor van Cirrus Capital het by die Okabra Boeredag gesê die verliese kom te midde van reeds hoë werkloosheid. Hy waarsku dat…
29 Apr 12AM 1 min