Minstens 30 mense, waaronder 3 boeties, sterf in VSA winterstorm

Loading player...
Minstens 30 mense het gesterf in die massiewe winterstorm wat steeds oor die grootste deel van Amerika woed. Drie jong broers is dood in Bonham, Noord-Texas, nadat hulle Maandag deur ys op 'n privaat dam geval het. Cheyenne Hangaman, die seuns se ma, sê sy het probeer om hulle te red deur hulle uit die water te lig en op die ys te plaas, maar dit het aanhou breek. Sy het aan CBS News gesê daar was drie van hulle en net sy, en sy kon hulle nie red nie. Terwyl sy probeer het om hulle te red, het sy self begin sukkel en is deur 'n buurman gered. Luister na Hangaman:
28 Jan 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wes-Kaap teken afname in skoolvandalisme aan

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het 'n afname in skoolvandalisme en -diefstal tydens die 2025/26 somervakansie verwelkom. Die LUR vir Onderwys, David Maynier, sê 36 voorvalle is by 32 skole aangemeld, minder as die 47 gevalle die vorige jaar. Maynier het gesubsidieerde sekuriteit by 441 skole bevestig wat saam met die SAPD…
16 Feb 2AM 1 min

'Euro-bashing' is nou in die mode

Die Europese Unie se hoof van Buitelandse Beleid, Kaja Kallas, het die idee verwerp dat Europa beskawingsuitwissing in die gesig staar. Dit volg op kommentaar deur die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, wat sê Washington sal slegs saam met Europa werk indien dit verander om die Amerikaanse leierskap…
16 Feb 2AM 1 min

Swaar reën saai chaos oor Mariental

Skade wat deur naweekbuie op Mariental veroorsaak is, het gelei het tot daklekkasies en matige oorstromings in dele van die dorp, insluitend die staatshospitaal op die dorp. Water het deur die plafon in die ontvangsarea gesypel, wat hospitaalpersoneel gedwing het om emmers te plaas om die druppende water te beperk,…
16 Feb 2AM 1 min

Tongaat Hulett het nie oor bestuur misluk nie - vakbond

Die vakbond GIWUSA sê Tongaat Hulett se moontlike likwidasie het skokgolwe deur die hele suikerrietverwerking-ekostelsel gestuur. Die suikervervaardiger se sakereddingpraktisyns het die Hooggeregshof genader oor die maatskappy se voorlopige likwidasie. Die maatskappy is die eerste keer in sakeredding geplaas ná ʼn rampspoedige terugslag in 2019 weens ʼn bedrogskandaal. GIWUSA-president Mametlwe…
16 Feb 2AM 1 min

Kaapse Epstein-slagoffer praat

Die Suid-Afrikaanse slagoffer van Jeffrey Epstein, Juliette Bryant, het die ontslape veroordeelde seksoortreder as 'n meesterbrein en hoogs manipulerend beskryf. Sy is in 2002 deur Epstein in Kaapstad gewerf as 'n 20-jarige eerstejaar-universiteitstudent en aspirant-model. Sy sê hy het haar verskeie kere tussen 2002 en 2004 op sy privaat eiland…
16 Feb 1AM 1 min