Huisbrake, diefstal styg met 114% in Windhoek

Loading player...
Die Windhoek Stadspolisie het kommer uitgespreek oor die toenemende gevalle van rooftogte en huisbrake wat reg oor die stad plaasvind. Nasionale huisbrake en diefstalvoorvalle het met 114 persent gestyg gedurende die 2025/2026-feestydperk, van 282 tot 623 gevalle. Woordvoerder van die Stadspolisie, Superintendent Marcelline Murapo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
27 Jan 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

FIS stel alle gryslys-tekorte reg voor sperdatum

Die Finansiële Intelligensie-sentrum sê hy het voor die Mei 2026 sperdatum, al 13 tekorte wat deur die Finansiële Aksie-taakmag uitgewys is aangespreek. Dit kom na die land in Februarie 2024 op die taakmag se gryslys geplaas is. Kosmos 94.1 Nuus het met Bryan Eiseb, die direkteur van die sentrum gepraat.
16 Feb 8AM 1 min

Handskoen gevind in soektog na VSA-nuusleser Guthrie se ma

Die FBI glo 'n handskoen wat naby Nancy Guthrie se huis in Tucson, Arizona, gevind is, is 'n deurslaggewende ontwikkeling in haar ontvoeringsaak. Die Amerikaanse nuusleser Savannah Guthrie se 84-jarige ma het twee weke gelede vanaf haar huis vermis geraak. Die FBI sê forensiese DNS-toetse word op die handskoen gedoen…
16 Feb 8AM 1 min

Vakbonde se invloed in mynbedryf in gevaar

Die parlementêre komitee oor arbeidsverhoudinge sê daar is toenemende spanning in Namibië se mynbousektor as gevolg van die opkoms van korttermynkontrakteurs en arbeidshuurstelsels wat vakbondverteenwoordiging verswak. Komiteevoorsitter Justina Jonas sê in verskeie myne oortref subkontrakteurs nou permanente personeel, wat vakbonde van erkenningsooreenkomste en selfs vrywillige skeidingsgesprekke verwyder. Jonas het vanoggend…
16 Feb 7AM 1 min

Ekonoom louwarm oor Cyril se staatsrede

Skeptisisme volg op Suid-Afrika se jongste Staatsrede. Beleggingsekonoom Dawie Klopper het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy was weereens nie beïndruk met president Cyril Ramaphosa se toespraak nie en het dit beskryf as 'n herhaling van ou retoriek. Klopper sê baie van die toespraak het gefokus op dekades van regeringsmislukkings…
16 Feb 7AM 1 min

NNN was baie betrokke by AU-beraad, veral water en sanitasie

Die leiers van die Afrika-unie het die 39ste gewone beraad afgesluit met die aanvaarding van belangrike besluite en hervormings om institusionele doeltreffendheid en finansiële volhoubaarheid te versterk en kontinentale ontwikkeling te versnel. Die hervormingsagenda poog om die strukture van die Afrika-unie te stroomlyn en die afhanklikheid van eksterne befondsing te…
16 Feb 5AM 1 min