Swakopmunders moet hondelisensies hernu

Loading player...
Die Swakopmund munisipaliteit herinner diere-eienaars daaraan dat hondelisensies teen 28 Februarie hernu moet word. Voor die lisensies uitgereik word aan inwoners moet die honde voldoen aan sekere vereistes. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Swakopmund munisipaliteit, Linda Mupupa, gepraat:
26 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Alcaraz sê daar's nog swakpunte in sy spel

Tennis: Die wêreld-nommer-een, Carlos Alcaraz, sê hy het hy steeds swakpunte in sy spel ondanks sy vele suksesse. Die 22-jarige Spanjaard, wat verlede maand sy loopbaan-Grand Slam voltooi het deur die Australiese Ope te wen, speel dié week in die Katarse Ope in Doha. Alcaraz, wat sy veldtog môre teen…
16 Feb 10AM 1 min

Mej. Namibië-kroning vanjaar op Gobabis

Die Mej. Namibië-organisasie het die Mej. Namibië-kompetisie amptelik van stapel gestuur, met Gobabis wat die gasheerdorp van vanjaar se kroningsgeleentheid sal wees. Datums vir die geleentheid moet nog aangekondig word. Die nasionale direkteur van die organisasie, Beaulah Boois-Beukes, sê ontwikkeling op alle vlakke moet inklusief wees, en bygevoeg dat die…
16 Feb 9AM 1 min

Speenkalwers na SA sal uitdagings ervaar oor BKS: Saai-baas

Die buurland se regering sal die verspreiding van bek-en-klouseer-entstof versnel om die uitbreking te bekamp en biosekerheid te verskerp om vee en boere te beskerm. Die regering sê hy wil die hele nasionale kudde van 14-miljoen inent waarvoor hy ongeveer 28-miljoen entstofdosisse nodig het. Kosmos 94.1 Nuus het met dr…
16 Feb 9AM 1 min

Namibië, Botswana moet grenskwessies aanspreek

Gemengde reaksies volg op voormalige Botswana-president Mokgweetsi Masisi wat om verskoning gevra het vir die moord op die Nchindo-broers en hul neef op die Chobe-rivier in 2020 deur lede van die Botswana weermag. Geaffekteerde gemeenskappe sê die gebaar slaag nie en doen 'n beroep op dringende gesprekke tussen Namibië en…
16 Feb 9AM 1 min

FIS stel alle gryslys-tekorte reg voor sperdatum

Die Finansiële Intelligensie-sentrum sê hy het voor die Mei 2026 sperdatum, al 13 tekorte wat deur die Finansiële Aksie-taakmag uitgewys is aangespreek. Dit kom na die land in Februarie 2024 op die taakmag se gryslys geplaas is. Kosmos 94.1 Nuus het met Bryan Eiseb, die direkteur van die sentrum gepraat.
16 Feb 8AM 1 min