
NUNW gooi gewig agter minimumloon
Loading player...
Lede van die Namibiese Publieke Sekuriteit en Geallieerde Werkersvakbond het vandeesweek 'n petisie aan die justisieministerie in Katima Mulilo oorhandig. Die werkers vra vir beter werksomstandighede en dring aan dat die sekuriteitsmaatskappye aan die minimumloonvereiste voldoen. Hulle het die Tenderraad versoek om nie kontrakte toe te ken aan sekuriteitsmaatskappye wat nie aan wetlike en regulatoriese vereistes voldoen nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Nasionale Werkers-unie se sekretaris-generaal, Job Muniaro, oor die kwessie gepraat.

