
Drukgroep frons oor sloerdery met Malema
Loading player...
Die Forum for South Africa het ernstige kommer uitgespreek oor die langdurige vertragings in die voorvonnisopleggingsproses van die EFF-leier Julius Malema se geweersaak. Die Oos-Londense Landdroshof in die Oos-Kaap het voorvonnisoplegging tot April uitgestel. FOSA-leier Tebogo Mashilompane sê herhaalde uitstel plaas 'n onnodige las op belastingbetalers en laat ernstige vrae ontstaan oor die doeltreffendheid en billikheid van die regstelsel:

