
Vaaldam se water veilig om te drink, sê Rand Water
Loading player...
Rand Water het kennis geneem van ’n WhatsApp-boodskap wat sosiale media laat gons waarin beweer word dat die Vaaldam vergiftig is en kraanwater nie gedrink moet word sonder om dit eers te kook nie. Woordvoerder Makenosi Maroon sê Rand Water verwerp hierdie bewerings kategories as vals en misleidend. Sy verduidelik dat Rand Water rouwater uit die Vaaldam onttrek, wat ’n deeglike behandelingsproses ondergaan voordat dit aan verbruikers gelewer word. Die water word deeglik getoets om te voldoen aan gesondheids- en veiligheidsnorme, en daar is geen risiko vir die publiek se gesondheid nie, sê Maroon.

