
Elektrisiteit vir meer as 900 huishoudings
Loading player...
Die regering het 12 miljoen Namibiese dollar toegeken om 969 buitestedelike huishoudings in die Hardap- en //Kharas-streke te elektrifiseer. Hierdie projekte sal gemeenskappe in Rehoboth, Mariental, Aranos, Hoachanas en Gibeon bevoordeel, sowel as Aroab, Bethanie, Berseba, Aus, Grünau en Warmbad. Dit is aangekondig deur die energieminister, Modestus Amutse, tydens die oorhandiging van die elektrisiteitsprojek in Mariental.

