
Chery SA neem Nissan-fabriek in Pretoria oor
Loading player...
Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, het die aankondiging van die belegging deur Chery Suid-Afrika in die motorsektor verwelkom. Die belegging volg op 'n ooreenkoms tussen Chery SA en Nissan Suid-Afrika om al die bates van Nissan se Pretoria-aanleg oor te neem. Die minister se woordvoerder, Kaamil Alli, sê die departement gaan voort met sy betrokkenheid by die bedryf om die motorbeleid en ondersteuningsmaatreëls te hersien:

