
Senteeko-damwal in Mpumalanga in gedrang
Loading player...
Die departement van water en sanitasie waarsku die publiek dat die wal van die Senteeko-dam, in die Kaaprivier-opvangsgebied in Mpumalanga, die risiko loop om te breek. 'n Woordvoerder, Wisane Mavasa, sê daar is deur 'n noodveiligheidsevaluering vasgestel dat die dam se oorloopstruktuur ernstig en onomkeerbaar agteruit gegaan het. Dit sluit in gevorderde erosie en insnyding met gevolglike strukturele onbestendigheid. Sy sê die damwal kan sonder verdere waarskuwing ineenstort:

