
Nersa op oorlogspad oor skuld
Loading player...
Die Energiereguleerder, Nersa, sê sy tribunaalmagte is nou in werking en hy gaan nie enige wanbetalers in die elektrisiteitsektor duld nie. Vyf munisipaliteite, insluitend Saldanhabaai in die Wes-Kaap, Ekurhuleni in Gauteng en Rustenburg in Noordwes, het wanbetalingsbevele ontvang en moet binne twee maande voldoen, of boetes van tot twee-miljoen-rand per dag opgelê word. Nersa-woordvoerder Charles Hlebela sê hierdie stap verseker veilige, betroubare en wettige elektrisiteitsvoorsiening:

