Lede van die Namibiese Publieke Sekuriteit en Geallieerde Werkersvakbond het vandeesweek 'n petisie aan die justisieministerie in Katima Mulilo oorhandig. Die werkers vra vir beter werksomstandighede en dring aan dat die sekuriteitsmaatskappye aan die minimumloonvereiste voldoen. Hulle het die Tenderraad versoek om nie kontrakte toe te ken aan sekuriteitsmaatskappye wat…
Die Forum for South Africa het ernstige kommer uitgespreek oor die langdurige vertragings in die voorvonnisopleggingsproses van die EFF-leier Julius Malema se geweersaak. Die Oos-Londense Landdroshof in die Oos-Kaap het voorvonnisoplegging tot April uitgestel. FOSA-leier Tebogo Mashilompane sê herhaalde uitstel plaas 'n onnodige las op belastingbetalers en laat ernstige vrae…
Nanso het Donderdag die onmiddellike sluiting van die Otjivero Gekombineerde Skool in die Omaheke-streek geëis weens 'n ernstige perdeby-infestasie, totdat die perdebye verwyder is. Leerders en onderwysers is herhaaldelike kere deur die perdebye gesteek en sommige is moes huis toe gestuur word. Die skool is toe wel gesluit tot die…
Die Wes-Kaapse polisie het die skietvoorval wat Saterdag die lewens van drie jongmense in Samora Machel, in Kaapstad, geëis het, sterk veroordeel. Polisiewoordvoerder Andrè Traut sê die slagoffers het in 'n motor gesit toe onbekende verdagtes op hulle losgebrand en toe van die toneel gevlug het. Hy sê drie slagoffers…
Rand Water het kennis geneem van ’n WhatsApp-boodskap wat sosiale media laat gons waarin beweer word dat die Vaaldam vergiftig is en kraanwater nie gedrink moet word sonder om dit eers te kook nie. Woordvoerder Makenosi Maroon sê Rand Water verwerp hierdie bewerings kategories as vals en misleidend. Sy verduidelik…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.