Vance verdedig ICE na aanhouding van seun, 5

Loading player...
Die Amerikaanse vispresident JD Vance, het ICE-beamptes verdedig na hulle ‘n vyfjarige seun aangehou het wat van ‘n kleuterskool in Minnesota by die huis aangekom het. Berigte lui dat hulle hom na bewering "as lokaas" gebruik het om sy pa, wat 'n hangende asielsaak het, aan te keer. Vance sê die beamptes moes die kind beskerm omdat sy pa gevlug het.
23 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

IPC lig wenkbroue oor NNN se staatsbesoek aan China

Die opposisie het sterk kritiek teenoor president Netumbo Nandi-Ndaitwah uitgespreek, wat op uitnodiging van president Xi Jinping Saterdag na China vertrek het vir ‘n staatsbesoek van ‘n week. Volgens die IPC dui dit aan waar die administrasie se prioriteite lê. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC se skadu-minister van…
5 Jul 1AM 1 min

Nuwe kernwetgewing onder die loep

Namibië bevorder tans 'n omvattende nuwe kernwetgewing om die verouderde Wet op Atoomenergie en Stralingsbeskerming van 2005 te vervang. Openbare konsultasies vind in al 14 streke plaas om terugvoer van belanghebbendes in te win voordat die wetsontwerp in die parlement ter tafel gelê word. Kosmos 94.1 Nuus het met die…
5 Jul 12AM 1 min

CapeNature sê publiek moet wegbly van seevoës met voëlgriep

CapeNature het die publiek aangemoedig om waaksaam te bly terwyl voëlgriep steeds seevoëls en ander wilde voëls langs die Wes-Kaapse kus raak. Die bewaringsagentskap raai mense aan om nie aan siek of dooie voëls te raak nie, troeteldiere van hulle weg te hou, en waarnemings aan die betrokke owerhede te…
4 Jul 5AM 1 min

Privaatsektor kredietverlening daal, min aptyt vir skuld

Krediet wat aan die privaatsektor verleen is, het in Mei maandeliks met 0,1 persent gestyg, terwyl die jaarlikse groei tot 4,3 persent gedaal het vanaf 4,8 persent in April. FNB Namibia-ontleder Ndateelela Amukuhu sê hierdie verlangsaming is hoofsaaklik gedryf deur swakker korporatiewe leningsaktiwiteit terwyl huishoudings se aptyt vir skuld ook…
4 Jul 3AM 1 min

Cachalia se teenbende-optrede het misluk, sê DA

Die DA sê waarnemende polisieminister Firoz Cachalia se anti-bendestrategie het misluk, nadat hy erken het geen bendes is tydens die eerste fase van Operasie Prosper ontmantel nie. Volgens die party word gemeenskappe op die Kaapse Vlakte steeds daagliks aan bendegeweld onderwerp ondanks die ontplooiing van polisie en soldate. Lisa Schickerling…
4 Jul 3AM 1 min