NaCC sê oor volgende stappe na hy in hof verloor

Loading player...
Die hooggeregshof het 'n appèl van die Namibiese Mededingingskommissie van die hand gewys en beslis dat dit buite die wet opgetree het deur sy sekretaris toe te laat om 'n ondersoek na prysvasstelling in 200 apteke te begin. Die hof sê die saak is in openbare belang en het die ondersoek terug in die kommissie se hande geplaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se woordvoerder, Dina //Gowases, gepraat:
23 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe kubersekuriteit-riglyne bekendgestel

Die inligtingministerie het amptelik nuwe opgedateerde Nasionale Riglyne vir die Bestuur van Kubersekuriteitsvoorvalle bekendgestel. Die riglyne, beskikbaar op die webwerf van die Namibiese Kubersekuriteitsvoorvalreaksiespan, NAM-CSIRT, bied 'n strategiese raamwerk om kubervoorvalle op te spoor, daarop te reageer en daarvan te herstel. Cornelia Shipindo, die waarnemende uitvoerende hoof van NAM-CSIRT, sê…
29 Apr 10AM 1 min

Hoekom is Fluitjieblaser nog nie in werking, vra IPC

Kommer is in die parlement uitgespreek oor die vertraagde implementering van die Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers van 2017. Die wet is daarop gemik om individue te beskerm wat wangedrag of korrupsie in beide die openbare en private sektore aanmeld, magtig die skep van 'n Fluitjieblasersbeskermingskantoor en verbied vergelding…
29 Apr 10AM 1 min

Namibië-Botswana gesamentlike lugredery 'sal nie slaag nie'

Lugvaartkundiges is nie optimisties oor Namibië en Botswana se plan vir 'n gesamentlike lugredery nie, soos in 2025 deur presidente Netumbo Nandi-Ndaitwah en Duma Boko voorgestel is, en vandeesweek deur Boko aangekondig is. Air Namibia het in 2021 ineengestort terwyl Air Botswana onder finansiële druk verkeer, en onlangs roetes gestaak…
29 Apr 10AM 1 min

Hardap-streek span slimborde, IKT in om leer aan te help

Die direkteur van onderwys vir die Hardap-streek, Paulus Lewin, sê die streek gaan voort om slimborde en IKT-gereedskap aktief te integreer om 'n e-leerstelsel te bevorder, met inisiatiewe wat fokus op die toerusting van skole met interaktiewe skerms, tablette en digitale inhoud. Lewin het tydens 'n regerings-inligtingsessie gesê dat onlangse…
29 Apr 10AM 1 min

Mugabe se seun kry R600 000 boete, word gedeporteer

Die landdroshof in Alexandra, Gauteng, het die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe se seun, Bellarmine, gevonnis tot 'n boete van 600-duisend Suid-Afrikaanse rand of tronkstraf. Hy het skuldig gepleit aan die rig van 'n vuurwapen en die oortreding van immigrasiewette ná 'n skietvoorval in sy woning in Hydepark, Johannesburg. Die…
29 Apr 10AM 1 min