Trump sê oor Venezuela se olie en Amerikaanse groei

Loading player...
Die Amerikaanse president, Donald Trump sê Amerika het 'n ooreenkoms gesluit om 50-miljoen vate olie uit Venezuela te ontvang. Trump het by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos in Switserland gesê die ooreenkoms sal die Amerikaanse energievoorraad 'n hupstoot gee en beide lande bevoordeel. Hy beweer sy administrasie se ekonomiese beleide oortref die van voormalige president Joe Biden se administrasie ten opsigte van sterk groei, lae inflasie en rekordwinste op die aandelemark:
22 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Onwettige busoperateurs vuur migrasiekrisis aan'

Midde betogings teen migrante wat elke Donderdag sal plaasvind, eis die African Unite Borders Bus Trucks Association aanspreeklikheid van die owerhede oor onwettige operateurs wat ongedokumenteerde migrasie binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap fasiliteer. Die voorsitter van die vereniging, Mukhwathi Phumudzo, beskuldig die hoof van wetstoepassing van die Oorgrens Padvervoeragentskap, Simon Ditshego,…
5 Jul 3AM 1 min

Staatsamptenare boos oor nuwe voertuigbelasting

Die Vereniging van Staatsamptenare het berigte sterk veroordeel, oor 'n voorgestelde nuwe voertuigbelasting wat daarop gemik is om die finansiële uitdagings by die Padongelukkefonds aan te spreek. Die woordvoerder van die vakbond, Claude Naicker, sê die finansiële uitdagings waarmee die fonds te kampe het, is grootliks die gevolg van jare…
5 Jul 2AM 1 min

IPC lig wenkbroue oor NNN se staatsbesoek aan China

Die opposisie het sterk kritiek teenoor president Netumbo Nandi-Ndaitwah uitgespreek, wat op uitnodiging van president Xi Jinping Saterdag na China vertrek het vir ‘n staatsbesoek van ‘n week. Volgens die IPC dui dit aan waar die administrasie se prioriteite lê. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC se skadu-minister van…
5 Jul 1AM 1 min

Nuwe kernwetgewing onder die loep

Namibië bevorder tans 'n omvattende nuwe kernwetgewing om die verouderde Wet op Atoomenergie en Stralingsbeskerming van 2005 te vervang. Openbare konsultasies vind in al 14 streke plaas om terugvoer van belanghebbendes in te win voordat die wetsontwerp in die parlement ter tafel gelê word. Kosmos 94.1 Nuus het met die…
5 Jul 12AM 1 min

CapeNature sê publiek moet wegbly van seevoës met voëlgriep

CapeNature het die publiek aangemoedig om waaksaam te bly terwyl voëlgriep steeds seevoëls en ander wilde voëls langs die Wes-Kaapse kus raak. Die bewaringsagentskap raai mense aan om nie aan siek of dooie voëls te raak nie, troeteldiere van hulle weg te hou, en waarnemings aan die betrokke owerhede te…
4 Jul 5AM 1 min