BBP beskerming kos meer as Valke se begroting

Loading player...
ActionSA sê die regering van nasionale eenheid het in die 2024/25-boekjaar meer as 3,7-miljard Suid-Afrikaanse rand bestee aan BBP- en statiese beskerming, baie meer as die 2,4-miljard-rand aan die Valke. Woordvoerder Alan Beesley sê geskatte besteding styg tot 4-miljard-rand in die volgende boekjaar, wat bewys uitvoerende hoofde se gemak is belangriker as misdaadbestryding. Hy sê 'n salarisverhoging van 3,8-persent vir ministers en adjunkte beklemtoon die afsydigheid teenoor burgers se ontberinge:
21 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe Atoomenergie-raad ingehuldig

Gesondheidminister Esperance Luvindao het vandag die sesde Atoomenergie-raad in die hoofstad ingehuldig. Die raad het onder andere die belangrike taak om die land se stratetegiese kernkragplan te implementeer. Die lede van die raad sluit in voorsitter Shitaleni Herman, omgewingskommisaris Timotheus Mufeti, Petrina Nghidengwa, Natasja Cupido, John Titus en Colin Namalambo…
29 Apr 11AM 1 min

Sakeliga juig oor BKS-hofuitspraak

Sakeliga verwelkom gister se uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat streng sperdatums stel vir die regering se bek-en-klouseer-entstofplan. Anton Meijer van die organisasie sê die uitspraak versterk boere se regsuitdaging en plaas druk op die regering om privaat entstofmaatreëls toe te laat en siektebeheer dringend te verbeter:
29 Apr 11AM 1 min

Nuwe kubersekuriteit-riglyne bekendgestel

Die inligtingministerie het amptelik nuwe opgedateerde Nasionale Riglyne vir die Bestuur van Kubersekuriteitsvoorvalle bekendgestel. Die riglyne, beskikbaar op die webwerf van die Namibiese Kubersekuriteitsvoorvalreaksiespan, NAM-CSIRT, bied 'n strategiese raamwerk om kubervoorvalle op te spoor, daarop te reageer en daarvan te herstel. Cornelia Shipindo, die waarnemende uitvoerende hoof van NAM-CSIRT, sê…
29 Apr 10AM 1 min

Hoekom is Fluitjieblaser nog nie in werking, vra IPC

Kommer is in die parlement uitgespreek oor die vertraagde implementering van die Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers van 2017. Die wet is daarop gemik om individue te beskerm wat wangedrag of korrupsie in beide die openbare en private sektore aanmeld, magtig die skep van 'n Fluitjieblasersbeskermingskantoor en verbied vergelding…
29 Apr 10AM 1 min