FNB Eagles vertrek op pad na T20 Wêreldbeker

Loading player...
FNB Eagles-afrigter, Craig Williams, sê sy span dra 'n groot verantwoordelikheid om te beïndruk by die komende IKR Mans T20 Wêreldbeker. Hy het gepraat by die span se afskeidsgeleentheid vandag in Windhoek. Die Eagles sal môre na Dubai reis vir hul opwarmingswedstryde, voordat hulle volgende maand na Indië vertrek vir die Wêreldbeker.
21 Jan 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe Atoomenergie-raad ingehuldig

Gesondheidminister Esperance Luvindao het vandag die sesde Atoomenergie-raad in die hoofstad ingehuldig. Die raad het onder andere die belangrike taak om die land se stratetegiese kernkragplan te implementeer. Die lede van die raad sluit in voorsitter Shitaleni Herman, omgewingskommisaris Timotheus Mufeti, Petrina Nghidengwa, Natasja Cupido, John Titus en Colin Namalambo…
29 Apr 11AM 1 min

Sakeliga juig oor BKS-hofuitspraak

Sakeliga verwelkom gister se uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat streng sperdatums stel vir die regering se bek-en-klouseer-entstofplan. Anton Meijer van die organisasie sê die uitspraak versterk boere se regsuitdaging en plaas druk op die regering om privaat entstofmaatreëls toe te laat en siektebeheer dringend te verbeter:
29 Apr 11AM 1 min

Nuwe kubersekuriteit-riglyne bekendgestel

Die inligtingministerie het amptelik nuwe opgedateerde Nasionale Riglyne vir die Bestuur van Kubersekuriteitsvoorvalle bekendgestel. Die riglyne, beskikbaar op die webwerf van die Namibiese Kubersekuriteitsvoorvalreaksiespan, NAM-CSIRT, bied 'n strategiese raamwerk om kubervoorvalle op te spoor, daarop te reageer en daarvan te herstel. Cornelia Shipindo, die waarnemende uitvoerende hoof van NAM-CSIRT, sê…
29 Apr 10AM 1 min

Hoekom is Fluitjieblaser nog nie in werking, vra IPC

Kommer is in die parlement uitgespreek oor die vertraagde implementering van die Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers van 2017. Die wet is daarop gemik om individue te beskerm wat wangedrag of korrupsie in beide die openbare en private sektore aanmeld, magtig die skep van 'n Fluitjieblasersbeskermingskantoor en verbied vergelding…
29 Apr 10AM 1 min