12 leerders sterf in botsing naby Vanderbijlpark

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê vanoggend se dodelike skoolvervoer-ongeluk in Gauteng is veral ontstellend omdat dit gebeur het op dieselfde dag wat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie 'n verslag oor leerdervervoer in Noordwes gepubliseer het. Minstens 12 leerders is vanoggend dood toe hul voertuig naby Vanderbijlpark met 'n vragmotor gebots het. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê gesinne en skole sal die nodige psigo-maatskaplike ondersteuning ontvang:
19 Jan 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kenyatta sê vredespogings in die DRK vorder

Die voormalige Keniaanse president Uhuru Kenyatta sê vordering word gemaak met pogings om vrede in die Demokratiese Republiek die Kongo te herstel. Kenyatta, wat die proses fasiliteer, het bevestig dat beraadslagings vorder voor 'n Angola-bemiddelde wapenstilstand met die M23-groep wat vandag begin. Hy het tydens die Afrika-Unie-beraad in Addis Abeba,…
17 Feb 12AM 1 min

Gariseb en kie baklei met Stad Windhoek

Spanning styg tussen Stad Windhoek en die Khomas Inwoners- en Belastingbetalersvereniging nadat die Stad 'n openbare terugtrekking geëis het oor beweerde lasterlike opmerkings. Die dispuut volg op kritiek deur die vereniging nadat die stadsraad se eerste vergadering vir die jaar 'n straathernoeming op sy agenda geprioritiseer het, 'n stap wat…
17 Feb 12AM 1 min

Cirrus belê in toerisme, kry Ultimate Safaris aandeel

Cirrus Unlisted Investments, deel van die Namibiese Cirrus-groep, het ’n beduidende minderheidsbelang in Ultimate Safaris verkry, gesteun deur individuele en institusionele Namibiese beleggers. Ultimate Safaris bied lae-omgewingsimpak, hoë-sosiale-impak toere reg oor Namibië se afgeleë wildernisgebiede, met ’n fokus op bewaring en gemeenskapsvennootskappe. Die besturende direkteur van Cirrus Unlisted Investments, Erik…
17 Feb 12AM 1 min

Toesig, verantwoordbaarheid kritiek - kenner

Die skorsing van twee senior bestuurders by TransNamib het opnuut ernstige kommer oor die bestuur van die staatsbeheerde spoorwegoperateur laat ontstaan. Jare van verkrygingsonreëlmatighede, finansiële verliese en swak beheermaatreëls het hulpbronne dreineer wat bedoel was om die ekonomie te laat groei. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die…
16 Feb 11PM 1 min