Bloedoortappingsdiens maak nie wins nie

Loading player...
Frieda Vatileni-Asino, skakelbeampte van die Namibiese Bloedoortappingsdiens, het bewerings dat die organisasie wins maak uit bloed, van die hand gewys. Sy sê pasiënte betaal net om die koste van die insameling, toetsing, verwerking en veilige aflewering van bloed aan diegene in nood te dek. Dit kom na bewerings dat die nie-winsgewende organisasie bloed vir wins verkoop. Vatileni-Asino het met plaaslike media gepraat.
19 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

TLU SA sê burokrasie belemmer inenting teen BKS

Die landbou-organisasie TLU SA sê dringende optrede is nodig om die verspreiding van bek-en-klouseer te stop en die landbousektor te beskerm. Die organisasie is ten volle betrokke by die bek-en-klouseerbedryf se koördineringsraad om boere se belange te beskerm en te verseker dat vee-inentings vinnig uitgerol word. TLU SA se Bennie…
17 Feb 1AM 1 min

Reform UK behaal beduidende oorwinning oor Arbeiders

Reform UK het 'n beduidende oorwinning teen die Arbeidersparty gehad. Die regering het laat in 2025 aangekondig dat 30 plaaslike owerheidsverkiesings uitgstel en Reform het toe ‘n hof-aansoek van stapel gestuur. Op 16 Februarie het die regering die planne amptelik geskrap. Hulle het bevestig dat alle verkiesings soos beplan op…
17 Feb 1AM 1 min

Kenyatta sê vredespogings in die DRK vorder

Die voormalige Keniaanse president Uhuru Kenyatta sê vordering word gemaak met pogings om vrede in die Demokratiese Republiek die Kongo te herstel. Kenyatta, wat die proses fasiliteer, het bevestig dat beraadslagings vorder voor 'n Angola-bemiddelde wapenstilstand met die M23-groep wat vandag begin. Hy het tydens die Afrika-Unie-beraad in Addis Abeba,…
17 Feb 12AM 1 min

Gariseb en kie baklei met Stad Windhoek

Spanning styg tussen Stad Windhoek en die Khomas Inwoners- en Belastingbetalersvereniging nadat die Stad 'n openbare terugtrekking geëis het oor beweerde lasterlike opmerkings. Die dispuut volg op kritiek deur die vereniging nadat die stadsraad se eerste vergadering vir die jaar 'n straathernoeming op sy agenda geprioritiseer het, 'n stap wat…
17 Feb 12AM 1 min