NNN se nuwe verlof-magte laat vrae ontstaan

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om 'n proklamasie te onderteken wat haar die mag gee om verlof vir die Speaker van die Nasionale Vergadering, die Voorsitter van die Nasionale Raad en hul adjunkte goed te keur of te weier, laat vrae ontstaan. In gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het die politieke ontleder Ndumba Kamwanyah gewaarsku dat die stap kommer kan wek oor die skeiding van magte tussen die uitvoerende gesag, wetgewer en regbank.
12 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Inflasie onder huishoudings 'gaan nie afneem'

Hoewel Januarie se algehele jaarlikse inflasiekoers op 2,9 persent ingekom het en die laagste was in minstens 12 maande, was inflasie onder huishoudings 4,6 persent. Dit was die hoogste van alle afdelings. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm gepraat. Hy sê die druk op…
17 Feb 10AM 1 min

SA werkloosheid daal tot 31,4% in laaste kwartaal 2025

Statistieke Suid-Afrika sê die werkloosheidsyfer het effens gedaal tot 31,4-persent in die laaste kwartaal van verlede jaar. Die kwartaallikse arbeidsmagopname toon 44 000 meer mense het werk gekry, met 172 000 minder wat werkloos is. Die aantal ontmoedigde werksoekers het egter met 233 000 toegeneem. Dihlolelo Phoshoko van Statistieke SA…
17 Feb 10AM 1 min

Groeiende dwelmprobleem moet gestop word, sê aktivis

Die maatskaplike aktivis Sandy Tjaronda waarsku dat die groeiende vloei van dwelms na Namibië 'n nasionale bron van kommer moet wees. Hy sê dat gevalle wat in gebiede soos Rehoboth en Windhoek opduik, slegs die oortjies van die seekoei is. Hy sê handelaars versterk hul greep op sommige gemeenskappe, en…
17 Feb 10AM 1 min

Nasan Energies sal glo nie brandstof invoer of vulstasies bedryf

Nasan Energies sê dat hulle nie brandstof sal invoer of vulstasies direk sal bedryf indien die voorgestelde aankoop van 52 Engen- en Shell-persele van Vivo Energy Namibia goedgekeur word nie, en dring daarop aan dat die maatskappy plaaslike vervoerders en onafhanklike handelaars sal gebruik. Dit kom nadat voorlopige bevindinge deur…
17 Feb 9AM 1 min