Naretu se Namib Mills lede staak

Loading player...
Namib Mills se werkers, wat lede van Naretu is, staak tans. Werkers is ontevrede oor verskeie kwessies en volgens berigte wil Namib Mills se bestuur nie daaraan toegee nie. Mills sê op sy beurt eise is buitensporig en nie markverwant nie en het die werkers uitgesluit. Die betoging volg nadat 683 werkers uit 710 gestem het vir daarvoor. Kosmos 94.1 Nuus het met die Naretu sekretaris-generaal, Petersen Kambinda gepraat.
12 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Inflasie onder huishoudings 'gaan nie afneem'

Hoewel Januarie se algehele jaarlikse inflasiekoers op 2,9 persent ingekom het en die laagste was in minstens 12 maande, was inflasie onder huishoudings 4,6 persent. Dit was die hoogste van alle afdelings. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm gepraat. Hy sê die druk op…
17 Feb 10AM 1 min

SA werkloosheid daal tot 31,4% in laaste kwartaal 2025

Statistieke Suid-Afrika sê die werkloosheidsyfer het effens gedaal tot 31,4-persent in die laaste kwartaal van verlede jaar. Die kwartaallikse arbeidsmagopname toon 44 000 meer mense het werk gekry, met 172 000 minder wat werkloos is. Die aantal ontmoedigde werksoekers het egter met 233 000 toegeneem. Dihlolelo Phoshoko van Statistieke SA…
17 Feb 10AM 1 min

Groeiende dwelmprobleem moet gestop word, sê aktivis

Die maatskaplike aktivis Sandy Tjaronda waarsku dat die groeiende vloei van dwelms na Namibië 'n nasionale bron van kommer moet wees. Hy sê dat gevalle wat in gebiede soos Rehoboth en Windhoek opduik, slegs die oortjies van die seekoei is. Hy sê handelaars versterk hul greep op sommige gemeenskappe, en…
17 Feb 10AM 1 min

Nasan Energies sal glo nie brandstof invoer of vulstasies bedryf

Nasan Energies sê dat hulle nie brandstof sal invoer of vulstasies direk sal bedryf indien die voorgestelde aankoop van 52 Engen- en Shell-persele van Vivo Energy Namibia goedgekeur word nie, en dring daarop aan dat die maatskappy plaaslike vervoerders en onafhanklike handelaars sal gebruik. Dit kom nadat voorlopige bevindinge deur…
17 Feb 9AM 1 min