Beleggers gesoek vir lodge in Erongo-bewarea

Loading player...
Die Ohungu Conservancy in die Erongo-streek het 'n beroep op beleggers gedoen vir 'n unieke gesamentlike ondernemingsgeleentheid om die Ohungu Community Lodge langs die oewers van die Ozondati-rivier te herontwikkel. Beleggers word genooi om te help om die terrein te omskep in 'n vooraanstaande ekotoerisme-bestemming wat wildlewe, kultuur en natuurskoon kombineer, met planne wat nuwe bungalows aan die rivieroewer en opgegradeerde infrastruktuur insluit. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die toerismeministerie, Vilho Hangula, gepraat.
11 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Een oorlewende in minibus na gru Arandis-ongeluk

Emergency Medical Services was van die nooddienste wat op die toneel was by die noodlottige ongeluk naby Arandis Woensdagaand. ‘n Minibus van voor teen ‘n vragmotor gebots met agt insittendes daarin. Die 48-jarige vragmotorbestuurder het beserings opgedoen en volgens Brendon Scott van die nooddiens, het een insittende in die minibus…
30 Apr 6AM 1 min

Brandstofheffings: Outa vra begrotingsbestuur

Die Organisasie Teen Belastingmisbruik, sê hoewel die verlenging van die brandstofheffingverligting in Mei korttermynhulp aan verbruikers bied, moet die regering die geleentheid gebruik om fiskale dissipline te versterk. Die organisasie vra strenger beheer oor openbare besteding, minder verkwistende uitgawes en verbeterde deursigtigheid rondom strategiese brandstofreserwes. Outa se uitvoerende hoof, Wayne…
30 Apr 6AM 1 min

Graad gevang ... wat nou?

Die tersiêre onderwyslandskap vier duisende nuwe gegradueerdes, soos die meer as 4 000 wat vandeesweek by Unam graad gevang het, en van ander instellings. Die vieringe word egter getemper deur die harde werklikheid van gegradueerdes wat sukkel om werk te kry, waarvan baie vir jare na graduering vassteek. Kosmos 94.1…
30 Apr 6AM 1 min

Namfisa sê oor NHP-ondersoek

Namfisa ondersoek die Namibia Health Plan na 'n vlaag van diensontwrigtings en betalingsagterstande. Die probleme het op 1 April begin nadat die fonds sy bestuur na Universal Care oorgeskakel het. Met gesondheidsorgverskaffers soos tandartse en fisioterapeute wat massiewe onbetaalde eise rapporteer, het sommige verenigings reeds direkte betaling van pasiënte begin…
30 Apr 6AM 1 min

Transworld Cargo beplan tweede besending avo's na Nederland

Na die suksesvolle uitvoer van 400 ton vars avokadopere vanaf Zambië na Rotterdam in Nederland, is daar nog ‘n pluimpie vir TransWorld Cargo. Na die eerste besending ooit middel-Maart suksesvol na die Walvisbaai-hawe uitgevoer is, is ‘n tweede besending nou in die pyplyn. Fritz Kaufmann, TransWord Cargo se besigheid-ontwikkelings bestuurder…
30 Apr 6AM 1 min