
Groot kommer oor Knysna se watertekorte, twee weke oor
Loading player...
Die Departement van Water en Sanitasie is bekommerd oor die toenemende wateruitdagings in die Knysna Munisipaliteit en ander kusdorpe in die Tuinroete-distrik in die Wes-Kaap. Knysna se watervoorsieningstelsel het 'n kritieke stadium bereik. Die woordvoerder van die departement, Mandla Mathebula, sê die Akkerkloofdam, die munisipaliteit se primêre stoorfasiliteit, is tans ongeveer 19-persent vol, wat neerkom op 'n geraamde 13 dae se bruikbare water teen huidige verbruiksvlakke:

