ANC-president Cyril Ramaphosa sê grondhervorming in Suid-Afrika bly een van die dringendste take van die nasionale demokratiese rewolusie. Ramaphosa het die 8 Januarie-verklaring gelewer tydens die ANC se 114de viering in Moruleng in Noordwes. Hy sê sleuteltake sluit in sterker steun vir die begunstigdes van grondhervorming, vinniger verwerking van uitstaande…
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê 'n laagdrukstelsel oor die suidelike dele van Mosambiek, sal na verwagting van vandag af weerstoestande oor die noordoostelike dele van Suid-Afrika aansienlik beïnvloed. 'n Vlak 6-weerwaarskuwing is uitgereik vir Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal. Voorspeller Lehlohonolo Thobela sê die verwagte uitwerking van die stelsel sluit in oorstromings…
Terwyl die parlement voorberei om op 3 Februarie te vergader, word opposisiepartye aangespoor om die goedkeuring en implementering van wetsontwerpe wat in die Nasionale Vergadering ingedien is, te versnel. Politieke ontleder dr. Ben Mulongeni het opgemerk dat verlede jaar se swak wetgewende uitset, waarin net 'n enkele begrotingsverwante wetsontwerp goedgekeur…
Die Departement van Water en Sanitasie is bekommerd oor die toenemende wateruitdagings in die Knysna Munisipaliteit en ander kusdorpe in die Tuinroete-distrik in die Wes-Kaap. Knysna se watervoorsieningstelsel het 'n kritieke stadium bereik. Die woordvoerder van die departement, Mandla Mathebula, sê die Akkerkloofdam, die munisipaliteit se primêre stoorfasiliteit, is tans…
Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, sê hy is bekommerd oor die veldbrande wat tans in dele van die Oos-Kaap voortwoed, en in sommige gevalle ook aangrensende gebiede van die Wes-Kaap raak. Die woordvoerder van die premier, Sonwabo Mbananga sê Mabuyane is jammer en spyt oor die wydverspreide vernietiging van eiendom…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.