SAHPRA waarsku oor sekere aanvullings vir kinders

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het 'n waarskuwing uitgereik oor sekere gesondheidsprodukte vir kinders wat selenium en sinkpikolinaat bevat. Hierdie bestanddele word nie in gesondheidsaanvullings vir enigiemand onder die ouderdom van 18 jaar toegelaat nie weens veiligheidsredes. Yuven Gounden van SAHPRA sê sinkpikolinaat kan newe-effekte soos naarheid, diarree en braking veroorsaak, terwyl selenium 'n risiko van oordosis by kinders inhou:
10 Jan 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Een oorlewende in minibus na gru Arandis-ongeluk

Emergency Medical Services was van die nooddienste wat op die toneel was by die noodlottige ongeluk naby Arandis Woensdagaand. ‘n Minibus van voor teen ‘n vragmotor gebots met agt insittendes daarin. Die 48-jarige vragmotorbestuurder het beserings opgedoen en volgens Brendon Scott van die nooddiens, het een insittende in die minibus…
30 Apr 6AM 1 min

Brandstofheffings: Outa vra begrotingsbestuur

Die Organisasie Teen Belastingmisbruik, sê hoewel die verlenging van die brandstofheffingverligting in Mei korttermynhulp aan verbruikers bied, moet die regering die geleentheid gebruik om fiskale dissipline te versterk. Die organisasie vra strenger beheer oor openbare besteding, minder verkwistende uitgawes en verbeterde deursigtigheid rondom strategiese brandstofreserwes. Outa se uitvoerende hoof, Wayne…
30 Apr 6AM 1 min

Graad gevang ... wat nou?

Die tersiêre onderwyslandskap vier duisende nuwe gegradueerdes, soos die meer as 4 000 wat vandeesweek by Unam graad gevang het, en van ander instellings. Die vieringe word egter getemper deur die harde werklikheid van gegradueerdes wat sukkel om werk te kry, waarvan baie vir jare na graduering vassteek. Kosmos 94.1…
30 Apr 6AM 1 min

Namfisa sê oor NHP-ondersoek

Namfisa ondersoek die Namibia Health Plan na 'n vlaag van diensontwrigtings en betalingsagterstande. Die probleme het op 1 April begin nadat die fonds sy bestuur na Universal Care oorgeskakel het. Met gesondheidsorgverskaffers soos tandartse en fisioterapeute wat massiewe onbetaalde eise rapporteer, het sommige verenigings reeds direkte betaling van pasiënte begin…
30 Apr 6AM 1 min