Umalusi staak uitreiking van N3-sertifikate

Loading player...
Die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, Umalusi, sal nie nuwe N3-sertifikate uitreik nie. Die uitvoerende hoof, Mafu Rakometsi, het in 'n toespraak oor die Departement van Basiese Onderwys se matriekuitslae, gesê 2025 was die laaste jaar ná die uitfasering van N1- na N3-programme vanaf Januarie 2024. Kandidaatregistrasies het in Desember 2023 gesluit. Rakometsi verseker die publiek bestaande N3-sertifikate bly geldig:
9 Jan 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dwelmmisbruik, kindermishandeling op Copps 94.1

Copps 94.1 het weer ‘n bedrywige aand in die hoofstad ervaar saam met die Namibiese polisie. Gesinsgeweld is steeds ‘n wesenlike uitdaging en Francois Lottering, wat op voetsoolvlak was, sê verder was daar ook geïsoleerde insidente.
9 Jan 10PM 1 min

Referendum-party veroordeel oefeninge met Iran, China en Rusland

Die Referendum-party veroordeel Suid-Afrika se besluit om gesamentlike vlootoefeninge met Iran en China in Simonstad aan te bied. Robert King van die party sê die skuif skend nie-belyning, ondermyn nasionale veiligheid en plaas druk op verhoudings met Westerse vennote. Hy voer aan dat die oefeninge die openbare mening van die…
9 Jan 10PM 1 min

Dubbele moord tref Gobabis

Personeel van die inligtingministerie in die Omaheke-streek is op 'n moordtoneel in een van die nedersettings in Gobabis. Volgens die ministerie se span het twee mense gesterf. Geen kommunikasie van die polisie is ontvang nie en daar word steeds ondersoek ingestel. Julia Kamarenga van die ministerie se tak in Gobabis…
9 Jan 10AM 1 min

Olthaver en List maak reg vir besige jaar

Die voorsitter van die Olthaver en List Groep, Sven Thieme, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hulle maak gereed vir 'n besige jaar. Namibië se grootste private maatskappy is ’n diverse groep wat sowat 17 maatskappye in agt sektore van die ekonomie bestuur en meer as 5 500…
9 Jan 9AM 1 min