VN beskuldig Israel van apartheid in Wesoewer

Loading player...
ʼn Verslag van die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte se kantoor sê Israel skend verpligtings onder internasionale reg in die Wesoewer, en vra lande om rasse-segregasie en apartheid te voorkom en uit te wis. Die verslag beskryf die stelselmatige diskriminasie teen Palestyne in die gebied as ʼn voortgesette probleem. Die Hoëkommissaris vir Menseregte, Volker Türk, sê diskriminerende praktyke het toegeneem sedert laat 2022 te midde van toenemende geweld, onderdrukking en strafloosheid:
8 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Peiling toon SA-boere sat die landboudepartement

Die VF Plus sê 'n onlangse peiling deur Saai toon boere het vertroue verloor in die Departement van Landbou te midde van die bek-en-klouseer-krisis. Meer as 95-persent sê die reaksie was te stadig, entstowwe is swak bestuur en kenners is stilgemaak. Woordvoerder Wynand Boshoff vra minister John Steenhuisen om aanspreeklikheid…
17 Feb 10PM 1 min

Iran, VSA bereik eerste verstandhouding

Internasionaal en Iran en Amerika het Dinsdag in Geneve 'n verstandhouding bereik oor die belangrikste "rigtinggewende beginsels" in samesprekings wat daarop gemik is om hul kerngeskil op te los. Dit beteken egter nie dat 'n ooreenkoms op hande is nie, volgens die Iranse buitelandse sake-minister, Abbas Araqchi. ’n Amerikaanse amptenaar…
17 Feb 10PM 1 min

Inflasie onder huishoudings 'gaan nie afneem'

Hoewel Januarie se algehele jaarlikse inflasiekoers op 2,9 persent ingekom het en die laagste was in minstens 12 maande, was inflasie onder huishoudings 4,6 persent. Dit was die hoogste van alle afdelings. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm gepraat. Hy sê die druk op…
17 Feb 10AM 1 min

SA werkloosheid daal tot 31,4% in laaste kwartaal 2025

Statistieke Suid-Afrika sê die werkloosheidsyfer het effens gedaal tot 31,4-persent in die laaste kwartaal van verlede jaar. Die kwartaallikse arbeidsmagopname toon 44 000 meer mense het werk gekry, met 172 000 minder wat werkloos is. Die aantal ontmoedigde werksoekers het egter met 233 000 toegeneem. Dihlolelo Phoshoko van Statistieke SA…
17 Feb 10AM 1 min