Noem verdedig ICE-skietery van burgerlike

Loading player...
Amerika se minister van Binnelandse Veiligheid, Kristi Noem, het die optrede van ʼn ICE-agent verdedig wat ʼn 37-jarige vrou in Minneapolis doodgeskiet het. Sy sê dodelike geweld is wettig wanneer ʼn wapen iemand bedreig. Owerhede sê die skietvoorval het plaasgevind toe ʼn gewelddadige betoger probeer het om ʼn immigrasiebeampte om te ry. Die oorledene is uitgeken as Renee Nicole Good. Noem beskryf die voertuigbestuurder se optrede as binnelandse terrorisme:
8 Jan 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Peiling toon SA-boere sat die landboudepartement

Die VF Plus sê 'n onlangse peiling deur Saai toon boere het vertroue verloor in die Departement van Landbou te midde van die bek-en-klouseer-krisis. Meer as 95-persent sê die reaksie was te stadig, entstowwe is swak bestuur en kenners is stilgemaak. Woordvoerder Wynand Boshoff vra minister John Steenhuisen om aanspreeklikheid…
17 Feb 10PM 1 min

Iran, VSA bereik eerste verstandhouding

Internasionaal en Iran en Amerika het Dinsdag in Geneve 'n verstandhouding bereik oor die belangrikste "rigtinggewende beginsels" in samesprekings wat daarop gemik is om hul kerngeskil op te los. Dit beteken egter nie dat 'n ooreenkoms op hande is nie, volgens die Iranse buitelandse sake-minister, Abbas Araqchi. ’n Amerikaanse amptenaar…
17 Feb 10PM 1 min

Inflasie onder huishoudings 'gaan nie afneem'

Hoewel Januarie se algehele jaarlikse inflasiekoers op 2,9 persent ingekom het en die laagste was in minstens 12 maande, was inflasie onder huishoudings 4,6 persent. Dit was die hoogste van alle afdelings. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm gepraat. Hy sê die druk op…
17 Feb 10AM 1 min

SA werkloosheid daal tot 31,4% in laaste kwartaal 2025

Statistieke Suid-Afrika sê die werkloosheidsyfer het effens gedaal tot 31,4-persent in die laaste kwartaal van verlede jaar. Die kwartaallikse arbeidsmagopname toon 44 000 meer mense het werk gekry, met 172 000 minder wat werkloos is. Die aantal ontmoedigde werksoekers het egter met 233 000 toegeneem. Dihlolelo Phoshoko van Statistieke SA…
17 Feb 10AM 1 min