Sal VSA Groenland inval? Nee wat, sê analis

Loading player...
Terwyl die Trump-administrasie voortgaan met uitsprake oor Groenland, wat volgens hulle nodig is vir Amerika se sekuriteit, blyk daar nie 'n gevaar te wees dat die VSA Groenland sal inval nie. Die New York Times se senior korrespondent in Brittanje, Michael Shear, het met SkyNews se Wilfred Frost gepraat, en sê Amerika is waarskynlik ernstig om Groenland te bekom. Die dreigement van militêre optrede is egter dalk net om as hefboom te gebruik in enige onderhandelinge. Luister self.
7 Jan 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Salom Nikanor se testikels verbrand na moord, sê NamPol

Die hoof van NamPol Oshana misdaadondersoeke, adjunkkommissaris Fredrik Ndjadila, het bevestig dat die testikels van die 41-jarige Salom Nikanor afgesny en verbrand is. Nikanor se liggaam is op 4 Januarie deur 'n gemeenskapslid in vlak water by 'n pan agter die Oluno-korrektiewe fasiliteit in Ondangwa ontdek. Verdere ondersoeke het bevestig…
8 Jan 10AM 1 min

DA help in Mosselbaai na verwoestende brande

Die DA in die Wes-Kaap sê hy ondersteun inwoners van Mosselbaai ná die verwoestende brande wat huise verwoes en lewens ontwrig het. Die party het sy innige meegevoel uitgespreek teenoor gesinne wat geraak is, sowel as sy dankbaarheid teenoor brandbestryders en vrywilligers wat hul lewens gewaag het. DA-lid Venolea Fortuin…
8 Jan 10AM 1 min

Maatskaplike druk speel groot rol in selfmoorde

Selfmoordsyfers in Namibië bly hoog, met kenners wat waarsku dat die bykomende druk van Januarie die situasie kan vererger. In net die eerste vier dae van die jaar is 'n kommerwekkende toename in selfmoordverwante sterftes aangemeld, met die polisie wat tussen 31 Desember 2025 en 4 Januarie 2026 ten minste…
8 Jan 9AM 1 min

Gevolge van VSA se optrede 'sal ook Namibië beïnvloed'

Die inhegtenisname van die Venezolaanse president Nicolas Maduro deur Amerikaanse spesiale magte bly aktueel en word beskryf as 'n voortsetting van Amerikaanse imperialisme wat nog altyd besonder sterk in Latyns-Amerika was. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus waarsku Herbert Jauch, die voorsitter van die Economic and Social Justice Trust,…
8 Jan 9AM 1 min