134 Oshakati-inwoners uit vloedgevoelige gebiede verskuif

Loading player...
Die Oshakati burgermeester, Leonard Hango, het bevestig dat hulle sover 134 inwoners verskuif het uit vloedgeteisterde gebiede van Oshoopala in die Onawa nedersetting in Oshakati. Die dorpsraad het grond vir die inwoners opsygesit in Onawa vir permanente hervestiging. Kosmos 94.1 Nuus het met Hango gepraat wat sê hulle het direkte instruksies van die president nagekom.
7 Jan 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Real Madrid se Kampioeneliga-wedstryd ontsier deur bewering van rassisme

Real Madrid se Kampioeneliga-uitspeelwedstryd teen Benfica is vir tien minute gestaak nadat Vinicius Junior geweier het om verder te speel ná ʼn beweerde rassistiese opmerking deur Gianluca Prestianni van Benfica. Die Brasiliaan het pas Madrid laat voorloop toe die Argentyn hom konfronteer. Die wedstryd is ná Vinicius se klagte tydelik…
18 Feb 12AM 1 min

Gesondheid ondersoek dood van 21-jarige man op Otji

Die Otjiwarongo gemeenskap staan saam met 'n moeder wat haar 21-jarige seun verloor het weens beweerde mediese nalatigheid by die Otjiwarongo-staatshospitaal. Daar word beweer dat wyle Elijah Areseb op 31 Januarie met griepsimptome en asemhalingprobleme by die hospitaal aangemeld het, maar na bewering later ontslaan is ten spyte van lae…
18 Feb 12AM 1 min

Maak jou litte los vir kitties

Dancing for Purrs keer terug vir sy tweede uitgawe op 10 April, en bring 'n reeks dansskole en -style bymekaar vir 'n liefdadigheidsgeleentheid gewy aan dierewelsyn. Die geleentheid sal noodsaaklike fondse vir dierewelsynsorganisasies insamel. Kosmos 94.1 Nuus het met Ronja Lyhs van die Triglav Trust gepraat wat sê die geleentheid…
18 Feb 12AM 1 min

Venaani vies oor multimiljoen-dollar-huise vir oud-presidente

PDM-leier McHenry Venaani het nuwe debat ontketen oor staatsbefondsde aftreepakkette vir Namibiese presidente, insluitend huise wat soveel as 43 miljoen Namibiese dollar of meer kan kos. Venaani bevraagteken of sulke voordele, wat onder die Wet op Voormalige Presidente se Pensioen- en Ander Voordele van 2004 vasgelê is, bekostigbaar en geregverdig…
17 Feb 11PM 1 min

Amerikaanse belegging in mineralesektor kan goeie bydrae lewer

Namate die VSA sy strategiese belang in Namibië se mineralesektor vergroot, kom daar vrae oor of die land die regte transaksies sluit. Politieke ontleder professor Johan Coetzee waarsku dat Namibië, met die meeste uraanmyne onder Chinese beheer, die risiko loop om die volle waarde van sy enorme hulpbronne mis te…
17 Feb 11PM 1 min