Etosha-heining vorder stadig

Loading player...
Omgewingsminister Indileni Daniel het onlangs dele van die Etosha Nasionale Park se grensheining-rekonstruksie geïnspekteer. Tot op hede het die heiningprojek 6,4-kilometer van die 180,4-kilometer lange stuk gedek wat onder die projek voltooi moet word, met planne om die hele park teen 2030 te voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het met ministeriële woordvoerder Vilho Hangula gepraat vir 'n opdatering:
7 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oud-ombud sê oor kondome in gevangenisse

Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu het in die parlement syfers van smokkelary en sodomie in polisieselle onthul, na ‘n vraag deur die IPC. Sodomie en verkragting het die hoogste getalle aangeteken maar owerhede skop vas teen kondoomverskaffing. Plaaslike media berig dat die NamPol Omaheke-streekskommisaris, Ismael Basson, sê kondome is nie noodwendig…
18 Feb 2AM 1 min

Julius looi Cyril oor sy leierskap

Die leier van die EEF, Julius Malema het president Cyril Ramaphosa se leierskap gekritiseer en die ANC blameer vir korrupsie en infiltrasie deur sindikate. Malema het tydens die debat oor die staatsrede gesê misdaad bly 'n nasionale krisis en waarsku dat elektrisiteits- en wateruitdagings, veral in armer gemeenskappe, nog lank…
18 Feb 2AM 1 min

BKS: Varkvleis sal duurder word, ook plaaslik

Suid-Afrikaners word gewaarsku om hoër varkvleispryse te verwag namate bek-en-klouseer en Afrika-varkpes die aanbod verminder. Dit sal Namibiërs ook raak met varkvleis invoere wat tot 56 persent van vraag behaal. Bedryfsdata in die buurland toon weeklikse slaggetalle het afgeneem. FNB se landbou-ekonoom, Paul Makube, sê Januarie se inflasiesyfers weerspieël reeds…
18 Feb 1AM 1 min

Meer as 80 VN-lede veroordeel Israel se Wesoewer-maatreëls

ʼn Groep van meer as 80 lidlande van die Verenigde Nasies, insluitend Namibië, veroordeel Israel se nuwe maatreëls in die Wesoewer. Die Israelse regering het die eerste keer sedert Tel Aviv die gebied in 1967 oorgeneem het, ʼn voorstel goedgekeur om groot dele van die Wesoewer as “staatseiendom” te registreer…
18 Feb 1AM 1 min

Real Madrid se Kampioeneliga-wedstryd ontsier deur bewering van rassisme

Real Madrid se Kampioeneliga-uitspeelwedstryd teen Benfica is vir tien minute gestaak nadat Vinicius Junior geweier het om verder te speel ná ʼn beweerde rassistiese opmerking deur Gianluca Prestianni van Benfica. Die Brasiliaan het pas Madrid laat voorloop toe die Argentyn hom konfronteer. Die wedstryd is ná Vinicius se klagte tydelik…
18 Feb 12AM 1 min