Begin, Beweeg, Besluit: Wat 2026 Bring en Inhou

Loading player...
In die heel eerste episode van KLETS skop ons 2026 af met konteks eerder as chaos, en met patrone eerder as paniek.

Ons KLETS met die astroloog Catherine Laurent in hierdie eerste deel van ’n twee-delige reeks, waar ons kyk na siklusse, getalle en wêreldwye energieverskuiwings wat 2026 gaan vorm. Hierdie episode is oor die groot prentjie.

Volgens numerologie is 2026 ’n 1-jaar. Dis nie ’n jaar van afronding of herstel nie, dis ’n nuwe begin. ’n Jaar van selfstandigheid, inisiatief en rigting kies. Die tipe jaar waar jy nie meer kan wag vir toestemming nie. Jy begin. Jy waag. Jy beweeg, al voel dit soms ongemaklik. Dis minder “kom ons kyk” en meer “kom ons doen”.

In Oosterse astrologie kyk ons ook die Jaar van die Vuurperd binne. Die Perd bring beweging, onafhanklikheid en momentum. Voeg vuur by, en jy kry energie wat vinnig beweeg, intens voel en nie daarvan hou om vasgehou te word nie. Dis ’n jaar wat verandering afdwing, nie deur fyn onderhandeling nie, maar deur aksie. Dinge gebeur vinnig. Soms voor almal gereed is.

Van daar af maak ons die lens wyer en kyk na die internasionale speelveld. Moontlike spanningspunte. Magsverskuiwings. Ekonomiese druk. En die tipe wêreldgebeure wat mens nie voorspel nie, maar wel kan raaksien as jy weet waarna om te kyk.

Hierdie is nie doemprofesieë nie. Dis patroonlees. Dis voorbereiding. Dis om te verstaan hoekom sekere jare voel soos hulle “harder praat” as ander.

Hierdie episode lê die fondasie.

In deel twee bring ons alles huis toe. Ons kyk na Suid-Afrika, die politiek, die GNU, en wat 2026 moontlik vir elk van die twaalf sterretekens inhou.

As jy eers wil verstaan voordat jy reageer, dan begin die jaar hier. Dis nie ’n kristalbal nie. Dis ’n kompas.

Mag die gras groen wees waar jou bokke wei, dit reën waar jou lusern geplant is en mag jou krale vol lammers wees! Happy 2026!
7 Jan Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min