IShowSpeed sê hy kom wel na Namibië

Loading player...
Ten spyte van mediaberigte wat anders beweer, het die gewilde Amerikaanse internetpersoonlikheid Darren Watkins Jr., algemeen bekend as iShowSpeed, bevestig dat hy soos beplan na Namibië sal kom. iShowSpeed, wat spog met meer as 47 miljoen intekenare, besoek tans 20 Afrikalande as deel van sy Africa Stream-toer. Verwarring oor sy aankoms in Namibië het die rondte gedoen nadat die Namibiese Burgerlugvaartowerheid gesê het dat sy privaatvlugpermitte nie betyds aan die lugvaartowerheid se vereistes voldoen het nie. iShowSpeed het egter vanmiddag tydens 'n regstreekse uitsending planne bevestig om Namibië steeds te besoek.
6 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA verwelkom aankoms van 1 miljoen BKS-entstowwe

Die DA verwelkom die minister van Landbou, John Steenhuisen, se bevestiging dat die eerste sending van een-miljoen dosisse bek-en-klouseer-entstof die naweek in Suid-Afrika sal aankom. Die regering beplan om die land se hele kudde van meer as 14-miljoen beeste oor die volgende 12 maande in te ent. Sowat 28-miljoen dosisse…
18 Feb 3AM 1 min

Owerhede soek na 10 vermiste skieërs en maan 6 wat gestrand is

Tien skiërs word vermis, en nog ses is gestrand in 'n sneeustorting wat 'n helling naby Kalifornië se Lake Tahoe getref het. Die groep van 16, bestaande uit vier gidse en 12 kliënte, was gister op die laaste dag van 'n driedaagse ski-uitstappie toe die sneeustorting voorgekom het. Kaptein Russell…
18 Feb 3AM 1 min

Oud-ombud sê oor kondome in gevangenisse

Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu het in die parlement syfers van smokkelary en sodomie in polisieselle onthul, na ‘n vraag deur die IPC. Sodomie en verkragting het die hoogste getalle aangeteken maar owerhede skop vas teen kondoomverskaffing. Plaaslike media berig dat die NamPol Omaheke-streekskommisaris, Ismael Basson, sê kondome is nie noodwendig…
18 Feb 2AM 1 min

Julius looi Cyril oor sy leierskap

Die leier van die EEF, Julius Malema het president Cyril Ramaphosa se leierskap gekritiseer en die ANC blameer vir korrupsie en infiltrasie deur sindikate. Malema het tydens die debat oor die staatsrede gesê misdaad bly 'n nasionale krisis en waarsku dat elektrisiteits- en wateruitdagings, veral in armer gemeenskappe, nog lank…
18 Feb 2AM 1 min

BKS: Varkvleis sal duurder word, ook plaaslik

Suid-Afrikaners word gewaarsku om hoër varkvleispryse te verwag namate bek-en-klouseer en Afrika-varkpes die aanbod verminder. Dit sal Namibiërs ook raak met varkvleis invoere wat tot 56 persent van vraag behaal. Bedryfsdata in die buurland toon weeklikse slaggetalle het afgeneem. FNB se landbou-ekonoom, Paul Makube, sê Januarie se inflasiesyfers weerspieël reeds…
18 Feb 1AM 1 min