Krieket: Australië nie in sak en as nie

Loading player...
Engeland se kaptein, Ben Stokes, het sy span geloof, al het hulle die reeks om die As teen Australië verloor. Hy sê hulle mededingende gees bly egter ongeskonde. Australië het ʼn 3-0-voorsprong nadat hulle in Adelaide ʼn skitterende oorwinning van 82 lopies in die derde toets behaal het. Engeland gaan probeer om ʼn totale reeksnederlaag te vermy wanneer hulle op Tweede Kersdag in Melbourne die vierde toets aandurf. Stokes sê hulle wil die reeks op ʼn positiewe noot afsluit:
22 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dís hoekom Afrika op VN Veiligheidsraad moet wees

Afrika-leiers hernu hul druk vir permanente verteenwoordiging op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, 20 jaar na die aanneming van die Ezulwini-konsensus en die Sirte-verklaring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die Suid-Afrikaanse politieke kommentator dr. Charles Sinkala dat Afrika se uitsluiting van die magtige globale liggaam beide onregverdig…
18 Feb 10AM 1 min

Tiger Woods sê hy kan moontlik aan Meesters deelneem

Gholf: Die vyftienmalige major-kampioen Tiger Woods sê sy deelname aan vanjaar se Meesters is steeds 'n moontlikheid. Die 50 jarige Woods het sedert Julie 2024 nog nie weer aan 'n amptelike PGA-toerbyeenkoms deelgeneem nie. Die Amerikaner het die hele 2025-seisoen misgeloop nadat hy sy hakskeensening in Maart geskeur het voor…
18 Feb 10AM 1 min

Kondome in tronke 'sal veiligheid verseker'

Die wet teen konsensuele sodomie is in 2024 ongrondwetlik verklaar, maar word na bewering steeds in korrektiewe fasiliteite geïmplementeer. Dit het 'n debat tot gevolg of kondome aan gevangenes beskikbaar gestel moet word, aangesien dit nie tans gedoen word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Brigit Rudd, die redaktrise van…
18 Feb 9AM 1 min

BKS-siektestring 'kon reeds in 2021 gestop word'

‘n Onlangse meningsopname van die landbou-organisasie Saai in die buurland oor die bek-en-klouseerkrisis het getoon dat boere min vertroue het in die landbou-departement. Intussen het die departement ook vandeesweek sy bek-en-klouseerverslag vrygestel. Die epidemiologiese ondersoek toon dat die siektestring SAT2 FMD wat in 2024 in Oos-Londen uitgebreek, reeds in 2021…
18 Feb 9AM 1 min