Langpad: Voorbereiding is baie belangrik

Loading player...
Namibië se paaie sal na verwagting besonder besig wees, veral vandag en môre. Aubrey Oosthuizen van Code Red Medical Services in Swakopmund, wat ook die Weskus-Veiligheidsinisiatief koördineer, het bestuurders aangeraai om die groot padwerke wat tans aan die gang is, in ag te neem. Hy waarsku dat motoriste verkeersopeenhopings op sekere roetes moet verwag. Hy sê bestuurders moet voorbereid wees.
19 Dec 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bedagsaamheid op paaie die wagwoord, sê MVAF

Met die langnaweek in volle swang, het die Motorvoertuigongelukfonds ‘n beroep op bestuurders gedoen om bedagsaam op die land se paaie te wees en versigtigheid aan die dag te lê. Dit volg ná die noodlottige ongeluk Woensdagaand naby Arandis, waarin agt mense dood is toe ‘n minibus ‘n vragmotor getref…
1 May 12AM 1 min

Erongo-goewerneur soek padveiligheid-noodberaad

Die goewerneur van Erongo, Natalia/Goagoses, het 'n hoëvlak-noodberaad oor padveiligheid versoek na 'n noodlottige ongeluk wat Woensdagaand agt lewens geëis het. Sy het gelas dat 'n gesamentlike belanghebbervergadering binne twee weke byeengeroep word, wat belangrike padveiligheidsbelanghebbendes bymekaarbring, insluitend die vervoerministerie, die Padowerheid, die Motorvoertuigongelukkefonds, wetstoepassing en ambulansdienste.
30 Apr 11AM 1 min

Jodehaat ingevoer deur immigrasie: Britse politikus

Die Britse skaduminister van Binnelandse Sake, Chris Philp, vra groter gebruik van teen-terreur-moniteringstegnieke om anti-semitiese misdaad te identifiseer en te voorkom. Dit volg nadat twee Joodse mans gister in Golders Green, Noord-Londen, gesteek is in wat die polisie as 'n terroriste-voorval beskryf het. 'n Vyf-en-veertigjarige Britse burger wat in Somalië…
30 Apr 11AM 1 min

InfoMSME-hub staan klein besighede met raad en daad by

Die Konrad Adenauer-stigting het in samewerking met die Beleggingsbevordering en -ontwikkelingsraad amptelik die InfoMSME-hub bekendgestel. Die aanlyn-platform is geskep om mikro, klein en medium ondernemings en nuwe besighede te help om die ondersteuning wat hulle benodig makliker te vind. Gebruikers kan sakeondersteuningsdienste verken, geleenthede ontdek, toegang tot nuttige hulpbronne kry…
30 Apr 10AM 1 min