Vier van die ses mense teen wie Warrick ‘DJ Warras’ Stock beskermingsbevele gehad het, is vir ondervraging in verband met sy moord aangekeer. Dit volg nadat die Johannesburgse metropolisie gisteraand ʼn klopjag uitgevoer het op Zambesi House in die middestad. Die burgemeesterskomiteelid vir Openbare Veiligheid, Mgcini Tshwaku, sê Stock het…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah is aangewys as die 79ste mees magtige vrou in die wêreld op Forbes se jaarlikse lys van 100 magtige vroue, en die derde magtigste vrou in Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jonas Mbambo, die pressekretaris van die presidensie, wat reageer.
Die buurland se landbouminister, John Steenhuisen, sê die departement se ministeriële raadgewende taakspan vir voorkoming en beheer van dieresiektes stel 'n bepalende, feit-gedrewe meesterplan in vir die bekamping van bek-en-klouseer. Die siekte kom tans in sewe provinsies voor, met die meeste gevalle in KwaZulu-Natal. Die departement se woordvoerder, Joylene van…
Namibië se paaie sal na verwagting besonder besig wees, veral vandag en môre. Aubrey Oosthuizen van Code Red Medical Services in Swakopmund, wat ook die Weskus-Veiligheidsinisiatief koördineer, het bestuurders aangeraai om die groot padwerke wat tans aan die gang is, in ag te neem. Hy waarsku dat motoriste verkeersopeenhopings op…
Die kwessie oor die Angolese kinders is steeds in die nuus. Die Angolese regering het volgens berigte gesê die kinders sal einde Desember terug na Angola gestuur word. Met net 'n paar dae voor die einde Desember is die kinders steeds vollop. Volgens lede van die publiek is die kinders…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.