GIPF se indirekte NamBob-belegging kry momentum

Loading player...
Die Regeringsinstellings Pensioenfonds se indirekte belegging in die begrafnisdiensverskaffer NamBob in 2019 kry momentum. Na jare van herstrukturering en operasionele hervormings het die maatskappy 'n netto wins van agt persent in die 2024/25-boekjaar aangeteken, na die fonds se belegging van 31 miljoen Namibiese dollar deur die Allegrow-fonds. Die fonds se woordvoerder, Josefina Nghituwamata, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dit 'n grondslag lê vir volhoubare groei. Sy het meer.
18 Dec 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tshwane se water- en kragonderbrekings wek kommer

Die DA in Tshwane het kommer uitgespreek oor die voortslepende water- en kragonderbrekings in sommige dele van die metro. Die party sê baie onderbrekings word veroorsaak deur gure weerstoestande, maar ook deur onwettige verbindings, vandalisme en kabeldiefstal. Dana Wannenburg van die DA sê een van die grootste bydraende faktore is…
18 Dec 10PM 1 min

Kennedy beperk geslagsbevestigende sorg vir kinders

Die Amerikaanse gesondheidsminister, Robert F. Kennedy jr., het besluit om toegang tot geslagsbevestigende sorg vir kinders te verminder. Hy het reëls voorgestel wat onder andere hospitale wat sulke sorg lewer, van Medicare- en Medicaid-programme sal uitsluit. Sy posisie is in stryd met die land se grootste mediese organisasies, insluitend die…
18 Dec 10PM 1 min

Europese Raad stem oor Russiese bates vir Oekraïne

Die Europese Raad stem vandag oor 'n voorstel vir die aanwending van Russiese bates as finansiering vir 'n lening aan Oekraïne. Kiëf se finansies kan binne 'n paar maande opdroog. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê Europa moet besluit hoe hy die land ekonomies aan…
18 Dec 10AM 1 min

Moenie doelloos geld uitgee in Desember nie

Baie Namibiërs spandeer meer geld in Desember as op enige ander tyd van die jaar, aangesien troues, uitstappies na die dorp, Kersetes en Nuwejaarsvieringe die feestelike kalender vul. Finansiële kenners waarsku dat oorbesteding gedurende die feestyd 'n groot rede is waarom baie huishoudings die nuwe jaar onder finansiële druk begin…
18 Dec 9AM 1 min