VN-hoof rig waarskuwing oor Jemen-gevegte

Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku die volskaalse hervatting van vyandighede in Jemen kan ernstige gevolge inhou vir veiligheid in die Midde-Ooste. Jemeense regeringsmagte, gesteun deur ʼn Saoedi-geleide militêre koalisie, veg reeds sedert 2014 teen Houthi-rebelle. Magte met bande met ʼn separatiste-groep, die Suidelike Oorgangsraad, het hierdie maand tot by Hadramawt en al-Mahra opgeruk. Guterres veroordeel ook die voortgesette aanhouding van 59 personeellede van die VN en sy bondgenote:
18 Dec 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dís hoekom Afrika op VN Veiligheidsraad moet wees

Afrika-leiers hernu hul druk vir permanente verteenwoordiging op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, 20 jaar na die aanneming van die Ezulwini-konsensus en die Sirte-verklaring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die Suid-Afrikaanse politieke kommentator dr. Charles Sinkala dat Afrika se uitsluiting van die magtige globale liggaam beide onregverdig…
18 Feb 10AM 1 min

Tiger Woods sê hy kan moontlik aan Meesters deelneem

Gholf: Die vyftienmalige major-kampioen Tiger Woods sê sy deelname aan vanjaar se Meesters is steeds 'n moontlikheid. Die 50 jarige Woods het sedert Julie 2024 nog nie weer aan 'n amptelike PGA-toerbyeenkoms deelgeneem nie. Die Amerikaner het die hele 2025-seisoen misgeloop nadat hy sy hakskeensening in Maart geskeur het voor…
18 Feb 10AM 1 min

Kondome in tronke 'sal veiligheid verseker'

Die wet teen konsensuele sodomie is in 2024 ongrondwetlik verklaar, maar word na bewering steeds in korrektiewe fasiliteite geïmplementeer. Dit het 'n debat tot gevolg of kondome aan gevangenes beskikbaar gestel moet word, aangesien dit nie tans gedoen word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Brigit Rudd, die redaktrise van…
18 Feb 9AM 1 min

BKS-siektestring 'kon reeds in 2021 gestop word'

‘n Onlangse meningsopname van die landbou-organisasie Saai in die buurland oor die bek-en-klouseerkrisis het getoon dat boere min vertroue het in die landbou-departement. Intussen het die departement ook vandeesweek sy bek-en-klouseerverslag vrygestel. Die epidemiologiese ondersoek toon dat die siektestring SAT2 FMD wat in 2024 in Oos-Londen uitgebreek, reeds in 2021…
18 Feb 9AM 1 min