
AfDB se N$33 miljard sal op infrastruktuur bestee word
Loading player...
Die Afrika-ontwikkelingsbank het 'n lening van 33 miljard Namibiese dollar aan Namibië goedgekeur wat tussen 2025 en 2030 benut sal word. Die finansministerie sê die lening is goedgekeur onder die Namibië-landstrategiedokument, waardeur die land projekte indien wat binne vyf jaar befonds kan word. Die woordvoerder van die ministerie, Johnathan Swartz, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die geld vir sleutelprojekte soos infrastruktuurontwikkeling gebruik sal word.

